Buurtwaglede ontvang brandbestrydingsopleiding

Twaalf lede van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag en die Kraaifontein Sektor 4B-buurtwag het die afgelope naweek vlak 1-opleiding in brandbestryding ontvang. AfriForum het dié opleiding in samewerking met SafeTech aangebied.

“AfriForum wil die gemeenskappe bemagtig om in alle noodsituasies ondersteuning aan die gemeenskap te bied – hetsy dit is om brande te bestry, noodhulp vir beseerdes op ongelukstonele te bied of proaktief op te tree om misdaad te voorkom,” sê André Theron, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag.

Soortgelyke plasings