|

Buurtwagbestuur in Tzaneen reorganiseer

Die veiligheidstrukture van AfriForum se Tzaneen-tak het op 23 Julie 2019 gereorganiseer en ’n nuwe buurtwag- en veiligheidsvoorsitter gekies.

Uwe Kroh is as veiligheidsvoorsitter verkies, en Cornel van Schalkwyk as buurtwagvoorsitter. Riaan Swart is steeds buurtwagvoorsitter vir Modjadjiskloof (Duiwelskloof).

“AfriForum se veiligheidstrukture fokus op gemeenskapsveiligheid, samewerking en proaktiewe optrede. Ons moet ons verskille opsy skuif en daarop fokus om die gemeenskap se veiligheid deur beter kommunikasie en samewerking te verhoog,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

 

“AfriForum wil die gemeenskap in samewerking met die Tzaneen-buurtwag aanmoedig om by veiligheidstrukture betrokke te raak sodat ons die gemeenskap meer weerbaar kan maak,” sê Kroh.

Raak betrokke by AfriForum: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings