| |

Buurt- en plaaswagte in Marico neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurt- en plaaswagte in Brits, Coligny, Hartbeespoort, Koster, Mooinooi, Rustenburg en Zeerust het op 13 Maart 2020 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is tussen 16:00 en 06:00 in samewerking met die SAPD, GPF’s, sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie dorpe uitgevoer.

Die Marico-buurtwagte en -plaaswagte se betrokkenheid was indrukwekkend. Altesaam 637 patrolleerders het 7 304 km in 348 voertuie afgelê. AfriForum het vyf insidente hanteer, wat huismoles, die ondersoek van vuurwapenskote en poging tot huisbraak ingesluit het.

“AfriForum se veiligheidstrukture in Marico sal aanhou om veiligheidskwessies in dorpe op te los en sigbaarheid in die streek te verbeter. Ons strategie is proaktief en fokus daarop om pogings tot misdaad te verminder. Veiligheid is baie belangrik in enige gemeenskap en die AfriForum-takke neem dit ook baie ernstig op. Met goeie samewerking tussen AfriForum-buurtwagte, die SAPD en ander rolspelers kan ons soveel meer bereik en ons gemeenskappe beter beveilig,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Word deel van die oplossing en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en ‑buurtwag betrokke: SMS jou dorp se naam na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings