Bultfontein-buurtwag trek vermeende onwettige jagters vas


AfriForum se Bultfontein-buurtwag het op 14 Augustus 2018 drie vermeende onwettige jagters met drie ystervarkkarkasse in hul besit vasgetrek. Die jagters het vermoedelik met hul honde gejag. Dít volg nadat buurtwaglede op 9 Augustus 2018 vier ander vermeende onwettige jagters en hul honde aangekeer en aan die polisie oorgegee het.

“Die Wet op Dierebeskerming (wet 71 van 1962) verbied mense om enige dier uit te lok of te treiter of enige dier aan te hits om ’n ander dier aan te val. Nie net word kleinwild deur hierdie onwettige jagters met hul honde gejag nie; boere kom ook gereeld op dooie of verminkte vee af. Die gemeenskap moet dus op die uitkyk wees vir onwettige jagters soos hierdie,” sê Tony Swanepoel, voorsitter van AfriForum se Bultfontein-tak.

Plaaseienaars wat onwettige jagters op hul plase kry, word aangeraai om ’n formele klag by die SAPD te lê en die korrekte prosedures te volg.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Bultfontein” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings