|

Boomplantmaand: AfriForum se Naboomspruit-tak dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Naboomspruit het tussen 5 en 10 September 2019 agt maroelabome (Sclerocarya birrea) aan agt verskillende skole in Naboomspruit en die omliggende gebiede geskenk as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek. Bome is aan die volgende skole geskenk: Mookgophong Primary School, Laerskool Eugène N. Marais, Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool, Makhutjisha Senior Secondary School, Mokhari Secondary School, B.B. Matlaila Public Primary School, Dikubu Primary School en Hoërskool Hans Strijdom.

Volgens Philip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, beoog die organisasie om vanjaar meer as 3 000 bome landwyd te plant.

AfriForum fokus jaarliks op sowel ’n skaars boomspesie as ’n boomspesie wat algemeen voorkom. Die algemene boom vir 2019 is die maroela (Sclerocarya birrea), terwyl die skaars boom die appelblaar (Philenoptera violacea) is. AfriForum moedig sy taklede egter aan om inheemse bome te plant wat in hul omgewings aard.

“Boomplantmaand is vir ons baie belangrik omdat dit vir ons die geleentheid bied om die gemeenskap en veral leerders in te lig oor die belangrikheid van bome in ons lewens, asook waarom die bewaring daarvan belangrik is,” sê Van Staden.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n groener toekoms.

Soortgelyke plasings