--> -->
Spyskaart +

Bokkietoernooi 2019

Maart 9, 2019 deur Leomar van Schalkwyk

Die Bokkietoernooi is ’n sportfees wat jaarliks in Orania, Noord-Kaap aangebied word. Die toernooi is daarop toegespits om vir die sportsterre van die toekoms ’n platform te gee om hul talent vry van enige politieke inmenging uit te leef. Met politieke inmenging praat ons van onder meer rassekwotas.

Die sportfees is trots Afrikaans en skep die geleentheid vir Afrikaner-spelers om werklik raakgesien te word.

Die twee sportsoorte wat tans by die sportweek aangebied word, is rugby en netbal vir die o.21-ouderdomsgroep, maar daar is beslis ’n oogmerk om dié geleentheid met ander sport soos krieket en hokkie uit te brei.

PROGRAM 2019:
Geniet die sport en ondersteun ons Orania Uitnodigingspan.
‘n Verskeidenheid van stalletjies met heerlike verversings en
springkastele vir die kinders.
Daar sal balskop- en doelgooikompetisies wees met
lekker pryse op die spel.
Wedstrydtye:
Vrydag en Saterdag, 22 en 23 Maart:
Netbal begin om 08:00
Rugby begin om 09:00
Maandag 25 Maart:
Netbal begin om 08:00
Rugby begin om 07:30Afsluiting en prysuitdeling om 13:00
Toernooiaktiwiteite in die markiestent:
Vrydagaand:
22 Maart om 18:30
Kroning van Mej. Sprankelbokkie aangebied deur Jan Rhaap
Musiekkonsert met Ricus Nel
O50 per persoon
Saterdagaand:
23 Maart om 19:00
Cantus (saamsing en kuier)
O50 per persoon
Bring saam: Hoed, das, baadjie en beker
Sokkie vanaf 21:00
Kaartjies te koop by Orania Poskantoor en by die deur.
Navrae:

Orania Dorpsraad: 053 207 0063/4 of dorpsraad@orania.co.za
Besoek gerus die Bokkietoernooi
se Facebook-blad