Blou-en-groendruppelprojek: Hertzogville se drinkwater is skoon

AfriForum het die afgelope maand Hertzogville se watergehalte as deel van die burgerregtewaghond se nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets. Uitslae dui aan dat die drinkwater skoon is.

“Ons kon vasstel dat Hertzogville se drinkwater skoon is, geen swaarmetale bevat nie en dat die vlakke van bakterieë aan die gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan egter die watergehalte deurlopend toets om te verseker dat inwoners se grondwetlike reg op skoon drinkwater te alle tye beskerm word,” sê Alta Pretorius, AfriForum se waarnemende distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

Soortgelyke plasings