Blou-en-groendruppelprojek 2019

Saam vir ’n gesonde landswye waterstelsel

AfriForum het van Mei tot Julie vanjaar weer die gehalte van sowel drink- as rioolwater in Suid-Afrikaanse dorpe en stede getoets. Dié toetse – wat al vir die afgelope sewe jaar uitgevoer word om Suid-Afrika se watergehalte te bepaal – vorm deel van dié organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek.

AfriForum beskou dit as noodsaaklik om dié projek jaarliks aan te pak omdat die departement van water en sanitasie (DWS) sy laaste amptelike Blou- en Groendruppelverslag in 2012 laas uitgereik het. Die organisasie het daarom begin om as burgerregtewaghond op te tree om die gehalte van drink- en verwerkte rioolwater in Suid-Afrika te verseker.

AfriForum se blou-en-groendruppelverslag word dan jaarliks gebruik om die nodige druk op sowel die DWS as die onderskeie munisipaliteite te plaas. Ons benodig egter jou hulp om aan te hou om druk op die DWS toe te pas. Word deel van die oplossing deur jou naam en besonderhede hieronder te gee.

’n Woord van dank aan AfriForum-lede, -takke, -personeel en ander vennote 

Dit is ’n voorreg om met mense saam te werk wat ’n passie deel vir hul mense, gemeenskap en die omgewing waarbinne hul leef.

’n Spesiale woord van dank aan elke lid van AfriForum vir jul volgehoue deelname aan hierdie nasionale projek wat AfriForum elke jaar aanpak. Dankie dat julle die visie van volhoubare ontwikkeling en verantwoordelike waterbestuur in Suid-Afrika met ons deel.

Dankie ook aan die munisipaliteite wat leiding in Suid-Afrika neem, hul werk onberispelik doen deur te verseker dat water op verantwoordelik wyse bestuur word en wat dus aan toepaslike wetgewing en regulasies voldoen. Dié munisipaliteite moet beloon word omdat hulle hul gemeenskappe en die omgewing teen besoedeling en gevaar beskerm.

Klik hier vir AfriForum se blou-en-groendruppelverslag vir 2019.

Soortgelyke plasings