--> -->
Spyskaart +

Beswaar teen munisipale begroting 2019

Junie 10, 2019 deur Mareli Rall

Inwoners van Oudtshoorn neem verstom kennis van die hoë en onbillike tariewe op die konsepbegroting wat op Maandag 3 Junie 2019 aan die publiek voorgelê is.

Daar is ’n drastiese toename in deernishuishoudings (wat gratis elektrisiteit en water ontvang) en dit is onbillik dat die res van die dorp daarvoor moet betaal. Indien die munisipaliteit hierdie mense wil bystaan, moet die geld van elders verkry word, bv. die nasionale regering. In die lig van die toestand van die ekonomie en die feit dat Oudtshoorn in ’n semiwoestyngebied geleë is met ’n droogte wat die gemeenskap as ’n geheel raak, is dit onaanvaarbaar dat die erfbelasting soveel hoër is as dorpe soos Knysna, George en Mosselbaai, waar heelwat hoër inkomstes verdien word en meer geleenthede bied. Dié onbillike bedrae hou drastiese gevolge in vir baie ondernemings in die dorp, maar ook vir huishoudings en pensioenarisse (waarvan hier baie is) wat net buite die deernisvoordele val.

Erfbelastingvergelyking: (Randwaarde per jaar)

Waardasie Oudtshoorn Prins Albert Knysna George Mosselbaai
Koers→ 0.011384 0.0036 0.0072969 0.006773 0.004451
1.500.000 17 076 5 400 10 945 10 160 6 677
1.000.000 11 384 3 600 7 297 6 773 4 451
500.000 5 692 1 800 3 648 3 387 2 226

 

Indien jy hierdie beswaar wil steun, voeg jou naam by die AfriForum-klag wat aan die minister oorhandig sal word: