Besoedeling mag nie ongesiens verbygaan nie; AfriForum eis optrede

Die burgerregtewaghond AfriForum se Vaalharts-tak het vandag ’n brief aan die munisipale bestuurder van die Phokwane-munisipaliteit oorhandig waarin terugvoer versoek word oor verwerkte riool wat in die Hartswaterkanaal uitloop. Die kanaal vloei weer af in die rivier.Watertoetse wat op 21 Junie verlede jaar deur ’n laboratorium gedoen is, dui daarop dat die water nie aan die minimum vereistes wat deur SANS bepaal word, voldoen nie. AfriForum het self in Julie 2016 watertoetse gedoen en gevind dat die watergehalte steeds geen aandag geniet het nie. Sedertdien is verskeie briewe aan die Phokwane-munisipaliteit gerig, maar sonder enige sukses.

“Hierdie water hou ’n groot gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in en daarom is hierdie ons laaste brief aan die munisipaliteit. Indien daar nie op dié skrywe reageer word nie, sal AfriForum verdere stappe neem,” sê Theo Joubert, voorsitter van AfriForum se Vaalharts-tak.

Linja van Wyk, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, sê dat die munisipale bestuurder strafregtelik aangekla kan word indien die saak nie dringende aandag kry nie.

Soortgelyke plasings