|

Benoni-tak belê in tegnologie om gemeenskap te beveilig

Die AfriForum-tak in Benoni het onlangs besluit om ’n nuwe manier te vind om die dorp te beveilig, verhoudinge met die polisie en ander rolspelers te bou, en te verseker dat inwoners weet dat AfriForum hier is om ’n verskil te maak. Die tak het gevolglik besluit om SNIPR na Benoni te bring.

SNIPR is ’n outomatiese nommerplaatherkenningstegnologie wat nommerplate herken en kruisverwysings oor sowel ’n plaaslike as internasionale databasis met gelyste verdagte voertuie moontlik maak en ’n intekening op die wetstoepassingsowerheid gemoeid met die opspoor van gesoekte voertuie insluit.

AfriForum se Benoni-tak het verskeie gemeenskapslede en veiligheidsorganisasies genader om in hierdie gemeenskapsprojek te belê. “Die AfriForum-tak en alle belanghebbende partye is trots om aan te kondig dat ons ’n hele paar nuwe kameras op strategiese punte regoor Benoni geïnstalleer het,” sê Archie Mouyis, voorsitter van AfriForum se Benoni-tak.

Ander organisasies wat hierby betrokke is, waaronder PHP/MAMBA Sekuriteit, moniteer hierdie kameras 24/7 en wys reaksiebeamptes aan hierdie projek toe sodat hulle onmiddellik kan reageer indien daar ’n positiewe reaksie is. Die SAPD, Ekurhuleni-metropolisie en ander verskaffers van sekuriteitsdienste is ook betrokke.

“Die projek het reeds groot sukses behaal en ons sien uit na ’n opwindende jaar wat voorlê. Dit is beslis nog ’n stap in die regte rigting vir die Benoni-gemeenskap,” sê Mouyis.

Raak vandag nog betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings