| |

Barmhartige boer skenk reusevrag graan vir voedselverspreidingsprojek

“Ons is vanjaar met ’n redelike oes in ons omgewing geseën en ons wou terugploeg in ons gemeenskap en mense help wat veral nou in dié krisistyd nie kos op die tafel kan sit nie,” sê Lukie Vermees, ’n barmhartige boer wat onlangs ’n reusevrag graan aan AfriForum geskenk het.

Dié graan gaan nou tot mieliemeel verwerk word en deur AfriForum en Helpende Hand se gesamentlike voedselverspreidingsprojek aan behoeftige gesinne gegee word.

Boere wat graag mielies aan dié projek wil skenk kan afleweringsnommer X051206AFR (NWK-graansilo) of 4104130 (AFGRI-graansilo) gebruik en bewyse van lewering aan corne.cronje@afriforum.co.za stuur.

Soortgelyke plasings