Barkly-Oos-tak en polisie span saam teen misdaad


Barkly-Oos se AfriForum-tak het op 8 Februarie 2017 ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Centurion gesluit is, aan lt.kol. Adolph, bevelvoerder van die Barkly-Oos polisiestasie, oorhandig.

“Die ooreenkoms het ten doel om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad te bevorder,” sê Skillie du Randt, voorsitter van AfriForum se Barkly-Oos-tak.
“Ek glo daaraan om op gereelde grondslag met die gemeenskap te kommunikeer,” voeg lt.kol. Adolph by.
“Misdaad in landelike gebiede, veral op plase, neem daagliks toe en as die boerderygemeenskap nie saam met die polisie aan ’n strategie werk om dit te bekamp nie is die stryd verlore nog voor dit begin is,” sê AfriForum se koördineerder vir Oos-Kaap, Thomas van Dalen.

Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag. SMS “Buurtwag” na 32078  (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings