|

#AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word.

Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak.

Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.

Soortgelyke plasings