|

AnkerdorpPadskou-veldtog: AfriForum loods volhoubaarheidsprojek in Tzaneen

AfriForum se Tzaneen-tak het tydens die #AnkerdorpPadskou-veldtog in Julie besluit om ’n volhoubaarheidsprojek in dié dorp van stapel te stuur ten einde veiligheid op te skerp.

Gebreekte of gesteelde straatnaamborde is met nadere ondersoek as ’n groot probleem in Tzaneen geïdentifiseer. Die plaaslike munisipaliteit beskik nie oor die nodige fondse om dié straatnaamborde te vervang nie en daarom het die Tzaneen-tak besluit om self die straatname op die randstene te verf. Met die projek se afskop is Parkstraat, Sirkellaan en Claude Wheatleystraat naby die A.G.S. Kerk se name aangebring, waarna verskeie ander gevolg het. Die Tzaneen-tak beoog om hierdie projek in samewerking met Jack’s Paint voort te sit en elke maand nóg straatname te verf.

Volgens David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo, is hierdie inisiatief ’n goeie voorbeeld van wat die organisasie se takke met die steun van die gemeenskap en plaaslike ondernemings kan bereik.

“Ons wil Tzaneen se inwoners bedank vir hulle positiewe gesindheid teenoor die projek en wil graag uitreik na nóg plaaslike ondernemings om ook by hierdie projek betrokke te raak. Dit bevorder ook veiligheid en reaksietyd, omdat reaksie-, mediese en polisievoertuie strate makliker sal kan vind.”

Sluit vandag nog by AfriForum aan en wees deel van die verskil: SMS “Tzaneen” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings