#AnkerdorpPadskou: Rustenburg-tak vul slaggate (fase 1)


AfriForum, in samewerking met Mongola Trading Enterprises, het op 9 Maart 2019 as deel van AfriForum se #AnkerdorpPadskou slaggate in Rustenburg gevul.

AfriForum se Rustenburg-tak het R37 500 (12,5 ton) se teer vir die projek aangekoop. Ten spyte van gure weer kon die span 106 slaggate, oftewel ’n oppervlakte van 28,6 m2, vul. Vir hierdie fase is vier ton se teer gebruik.

“Dit was iets besonders om al die vrywilligers met hul bakkies en toerusting te sien – bereidwillig om hul Saterdag op te offer en Rustenburg se paaie weer mooi te maak,” sê Sampie Steinberg, assistentkoördineerder vir Marico.

Die Rustenburg-tak versoek dat alle vrywilligers weer op Saterdag 16 Maart 2019 om 08:00 by die munisipale swembad bymekaarkom vir fase twee van dié slaggatprojek.
AfriForum moedig gemeenskapslede aan om by die #AnkerdorpPadskou betrokke te raak. Vir meer inligting, besoek gerus die webtuiste by www.ankerdorp.co.za.

Soortgelyke plasings