|

#AnkerdorpPadskou: AfriForum bestee R71 000 aan opknappingswerk

AfriForum het einde November sy Ankerdorp-projek in Bethlehem met verskeie opknappingsprojekte afgesluit. Die #AnkerdorpPadskou het in Februarie vanjaar afgeskop en verskeie selfdoenaksies is in Pretoria, Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem uitgevoer.

Ongeveer 1 210 sakke vullis is tydens die Ankerdorp-projek verwyder, veiligheidspatrollies van 1 714 manure is afgelê, R71 650 se opknappingswerk is gedoen en 400 m² gras is gesny. Verder is daar 500 sakke teer gebruik om slaggate te vul, 39 skole besoek, 3 km se padtekens op skoolterreine geverf, 134 bome geplant en 25 ondernemings met onder meer middagetes bederf.

“Die doel van dié veldtog is om hoop te skep deur ’n reeks aksies wat ’n daadwerklike verskil in die dorpe maak,” sê Minique Scott, AfriForum se bestuurder vir gemeenskapsprojekte.

“Die #AnkerdorpPadskou stop nie hier nie. Ons gaan 21 dorpe regoor die land gaan in 2020 besoek om nog meer volhoubare aksies aan te pak,” sê Corné Cronje, AfriForum se bestuurder vir gemeenskapstrukture.

Besoek www.ankerdorp.co.za om te sien watter verskil die padskou in die dorpe gemaak het.

Soortgelyke plasings