Alberton-tak en SAPD span saam teen misdaad


Die AfriForum-tak in Alberton het onlangs hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in dié dorp bevestig. Die tak het ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD (nasionaal) in Centurion gesluit is aan kol. Van Vuuren, stasiebevelvoerder, oorhandig.

“Die ooreenkoms het ten doel om kommunikasie tussen AfriForum en die SAPD te versterk. AfriForum-buurtwagte sal voortgaan om veiligheid te bevorder en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.
“Dié ooreenkoms bevorder nie net samewerking tussen AfriForum en die polisie nie, maar ook binne gemeenskappe. AfriForum moedig alle veiligheidsinstansies en -inisiatiewe aan om ook saam met die polisie te werk in die geveg teen misdaad,” sê Louis van Aswegen, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Alberton.

Soortgelyke plasings