Alberton-gemeenskap spoor gesteelde bromponie op


Die AfriForum-buurtwag in Alberton, in samewerking met die Jeppe SAPD, F&D Tactical en Afrisist Tracking het op 9 Mei 2019 ’n gesteelde bromponie teruggevind.

Die buurtwag het inligting ontvang dat ’n groen Honda 125cc-bromponie buite ’n onderneming in Brackenhurst gesteel is. Versamelde inligting het drie gebiede in Johannesburg geïdentifiseer, waarna die betrokke partye ondersoek ingestel het. Die bromponie is in een van dié gebiede opgespoor.
Een verdagte wat in besit was van die bromponie en twee ander verdagtes wat met die voorval verbind word, is gearresteer en deur die SAPD na die Jeppe-polisiestasie geneem.

“Flinke optrede deur die SAPD en betrokke partye wys net weer eens waartoe ’n gemeenskap wat saamstaan in staat is,” sê Louis van Aswegen, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Alberton.

Gemeenskappe word aangemoedig om by hul plaaslike AfriForum-buurtwagte in te skakel. Raak vandag nog by die beveiliging van jou gemeenskap betrokke: SMS “Veilig” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings