Alberton-buurtwag help misdaad stuit


Die AfriForum-buurtwag in Alberton het onlangs in twee afsonderlike gevalle gehelp om ’n gesteelde vragmotor op te spoor en drie vermeende misdadigers vas te trek.
Die soektog na die gesteelde vragmotor is in samewerking met ’n plaaslike opsporingsmaatskappy uitgevoer waarna dié voertuig aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig is. Verder het die buurtwag in ’n afsonderlike geval bystand aan die polisie gebied in die arrestasie van drie vermeende misdadigers wat by ’n gewapende winkelrooftog in Alrode-Suid betrokke was.
Marié Naudé, AfriForum se assistentkoördineerder vir Gauteng, sê dat ’n gemeenskap wat saamstaan slegs van krag tot krag kan gaan.

“Ons is dankbaar vir elke gemeenskapslid se bydrae om misdaad te bekamp.”

Raak betrokke by AfriForum se Alberton-tak: SMS “Alberton” na 45342 (R1).
 

Soortgelyke plasings