Alberton-buurtwag bied bystand tydens erge reënstorms


Die AfriForum-buurtwag in Alberton het op 20 April 2019 bystand aan die gemeenskap gebied terwyl swaar reën en hael in die omgewing neergesak het.

Die buurtwag het gemeenskapslede wie se huise se dakke moontlik inmekaar kon stort weens die gewig van die hael gehelp om die hael te verwyder om verdere skade te vermy.

“Dit is belangrik vir die gemeenskap om betrokke te raak en ons moedig hulle aan om by ons plaaslike tak en buurtwag aan te sluit. Vir enige noodgeval kan ons buurtwag se noodnommer (066 048 2825) geskakel word,” sê Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-buurtwag.
“AfriForum bied op verskeie maniere bystand aan gemeenskappe. Hierdie sukses is net nóg ’n voorbeeld van ’n gemeenskap wat saamstaan om ’n verskil te maak en te verhoed dat gemeenskapslede duisende rande se skade ly,” sluit Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek, af.

Soortgelyke plasings