|

AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan

AfriForum en AfriSake bied tot 10 Mei in-diepte inligtingsessies oor grondonteiening vir gemeenskappe regoor Suid-Afrika aan.

Dít volg nadat die EFF se mosie vir die onteiening van grond sonder vergoeding, ’n omstrede beleid wat ook deur die ANC ondersteun is, vroeër vanjaar in die parlement aanvaar is en moontlik op ’n wysiging van die Grondwet kan uitloop.

Tydens dié sessies, wat in al nege provinsies aangebied gaan word, bespreek die sakeregte-waghond AfriSake die wetlike aspekte van onteiening sonder vergoeding, terwyl AfriForum op die fisiese beskerming van eiendom fokus.

Soortgelyke plasings