|

Afrikaners kan op tientalle maniere betrokke raak om hul lot in SA te verbeter

Afrikaners het nie nodig om weer soos meer as 100 jaar gelede na die oorlog in totale sak en as te sit nie.

Daar is tientalle maniere hoe hulle betrokke kan raak om hul huidige lot te verander en te verbeter, het honderde besoekers aan die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Pretoria vandag gehoor.

Die Helpmekaarplan 2020 is bekend gestel en 150 doen-dinge is aangekondig wat Afrikaners kan doen om hulle weer hoop te gee. Die belangrikste hiervan is:

  • Sluit aan by die vakbond Solidariteit om jou werk en inkomste te beskerm.
  • Veg saam teen die onbillike toepassing van regstellende aksie en dra by tot die Solidariteit Regsfonds.
  • Bou saam aan ʼn universiteit soos Akademia waar jongmense nog in hul moedertaal kan studeer en waar christelike waardes en kwaliteitonderrig belangrik is.
  • Sluit by die burgerregte-organisasie AfriForum aan en word deel van een van die plaaslike takke.
  • Word deel van ’n veiliger omgewing en sluit by ’n buurtwag aan of stig een.
  • Sluit by Solidariteit Helpende Hand aan en help so om behoeftige mede-Afrikaners te ondersteun en geleenthede te gee.
  • Ondersteun die beweging se eie media en lees jou nuus op Maroela Media en Forum Nuus. Luister na Pretoria FM.
  • Sluit by die FAK aan en ondersteun so kultuur- en geskiedenisprojekte.
  • Lees en leer so veel moontlik oor die Afrikanergeskiedenis. Onthou en herdenk die belangrike gebeurtenisse van ons geskiedenis en besoek Afrikaner monumente en standbeelde.
  • Sluit aan by AfriSake en help so om onder meer eiendomsreg te beskerm en die vrye mark stelsel te ondersteun.
  • Ondersteun Akademia, Sol-Tech en ander Afrikaanse privaat onderwysinstellings.
  • Behou kontak met Afrikaners en Afrikaanse instellings oorsee.
  • Sluit aan by die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging en werf mense wat skenkings of testamentêre bemakings aan enige van die instellings in die Solidariteit Beweging wil maak.
  • Bly op hoogte van die werksaamhede van enige van die instellings van die beweging deur middel van sosiale media en besoek die onderskeie webtuistes vir meer inligting.
  • Praat en leef in Afrikaans.

Soortgelyke plasings