--> -->
Spyskaart +

Monthly Archives: Mei 2017

AfriForum se Kuruman-tak loods twee belangrike projekte in Meimaand

Mei 31, 2017 deur Marelie Greeff

Die AfriForum-tak in Kuruman het die afgelope maand twee projekte aangepak wat tot voordeel van die dorp en sy inwoners strek. ’n Waarskuwingstelsel teen kragonderbrekings is by waterpompe geïnstalleer, terwyl bebosde gebiede ook skoongemaak is.

AfriForum stig buurtwag in Secunda

Mei 31, 2017 deur Mariska Batt

  Die burgerregtewaghond AfriForum het gister ’n buurtwag in Secunda op die been gebring om misdaad in dié dorp te bekamp.

Dit het sin om Republiekdag te onthou

Mei 31, 2017 deur Alet Rademeyer

Op 31 Mei 1961 het Suid-Afrika ’n Republiek geword. Dié dag, toe Suid-Afrika sy algehele onafhanklikheid van die Britse Ryk verklaar het, was vir talle Afrikaners bevrydend en van groot betekenis. Suid-Afrika se lidmaatskap van die Britse Statebond is met … Continue reading

AfriForum reageer op Vhembe Distriksmunisipaliteit se tersydestellingsaansoek

Mei 30, 2017 deur Marelie Greeff

Die Vhembe Distriksmunisipaliteit wil die hofbevel wat AfriForum op 17 Maart 2017 verkry het, laat tersydestel. Die AfriForum-tak in Louis Trichardt het gister op hierdie tersydestellingsaansoek geantwoord.

Verdagtes loop hul vas teen AfriForum se Upington-buurtwag

Mei 30, 2017 deur Natasha Venter

AfriForum se buurtwag in Upington het die afgelope naweek tydens twee onderskeie insidente, twee verdagtes vasgetrek.