--> -->
Spyskaart +

Afrikaans op Kampusse 4: Jaco van der Merwe

Maart 14, 2016 deur Anita Erasmus

Indien ek nie in Suid-Afrika kan Afrikaans praat nie, waar kan ek dan wel Afrikaans praat?

Moet Afrikaans maar weer tevrede wees om na kombuistaalstatus terug te keer? Dis nie aanvaarbaar dat Afrikaans se vooruitgang in die 20ste eeu net weer in die 21ste eeu uitgekanselleer word nie. 

Afrikaans is ’n hoëfunksietaal wat op universiteite en vir ander hoër funksies gebruik kan word. Afrikaans is byvoorbeeld slegs een van twintig tale ter wêreld wat met ’n ruimtewoordeboek kan spog. Afrikaans is die enigste inheemse taal wat hierdie prestasies behaal het. Ander inheemse tale moet eerder by Afrikaans leer en sélf begin groei.

Afrikaans is egter ook in die hande van sy sprekers en slegs dié sprekers kan toelaat dat die taal vooruitgaan of verval. Ons as sprekers moet ons taal daarom op die hande dra en sorg dat daar altyd ’n vraag na Afrikaans bestaan deur byvoorbeeld op diens in Afrikaans aan te dring – veral as iemand anders inligting by jou wil kry, byvoorbeeld jou bank of ander instellings.

Afrikaans op Kampusse: Bydrae deur prof. Jaap Steyn kan hier gelees word.

Afrikaans op Kampusse 2: Dr. Annette Jordaan kan hier gelees word.

Afrikaans op Kampusse 3: Dr. Leopold Scholtz kan hier gelees word.