| | |

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Wolmaransstad-tak verskaf hulppakket

AfriForum se Wolmaransstad-tak het ’n hulppakket aan die Gereformeerde Skool in dié dorp geskenk as deel van die AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die hulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

“Die Wolmaransstad-tak is dankbaar om hierdie skool te kon bystaan om te verseker dat leerders veilig kan terugkeer skool toe,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak en te verseker dat skole op ’n veilige wyse funksioneer: SMS “Wolmaransstad” na 45351 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings