AfriForum wil praktiese stappe teen plaasmoorde aan Bheki Cele voorlê ná Februarie-bloedbad


AfriForum stuur eersdaags ’n versoek aan die nuwe polisieminister Bheki Cele om die organisasie se praktiese stappe aan hom voor te lê om plaasaanvalle en -moorde te bekamp.

“Daar het vanjaar reeds meer as 90 plaasaanvalle in die land plaasgevind, met sowat 10 moorde op plase. Dit is reeds meer as dieselfde tyd verlede jaar. Plaasaanvalle neem vir die afgelope drie jaar toe en teen die huidige tempo gaan dit waarskynlik eksponensieel toeneem,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

AfriForum wil Cele ook versoek om die indiensnemingsproses te versnel om die reservisstelsel weer te kan instel, sodat plaasmoorde hierdeur meer doeltreffend bekamp kan word.
Cameron noem dat AfriForum in die komende week ’n bekendstelling sal hou van verdere praktiese wyses waarop plaasmoorde bekamp kan word, asook hoe slagofferbystand verder verbeter kan word.
Cameron sê die uiteindelike oplossing lê in die goue driehoek van samewerking tussen gemeenskapstrukture, die polisie en privaat sekuriteit.

Soortgelyke plasings