AfriForum-wenslys werp vrugte af in Randfontein


Die Rand West Plaaslike Munisipaliteit het reeds ’n dag nadat die AfriForum-tak in Randfontein ’n wenslys op 7 Maart 2017 aan hulle oorhandig het, gemeenskapsprobleme begin takel.
Dít volg nadat die tak verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer en in ’n wenslys vervat het.

“Ons het ’n stortingsterrein in Randfontein op 8 Maart 2017 besoek en waargeneem dat masjinerie en arbeiders besig was om die terrein, asook areas in en rondom die Greenhills-gebied vroegoggend skoon te maak,” sê Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak.
“Dit is gerusstellend om te weet dat die munisipaliteit gemeenskapsprobleme as belangrik ag en wil aanspreek,” voeg Van Vuuren by.

Sluit by AfriForum aan: SMS “Tak” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings