AfriForum: Vryheid-tak ontvang opleiding in regsaspekte


AfriForum se Vryheid-tak het onlangs opleiding in die regsaspekte rondom patrolliewerk ontvang. Dié opleiding vorm deel van die voordele wat AfriForum aan sy lede bied en bemagtig ook buurtwagpatrolleerders om korrek en binne die raamwerk van die wet op te tree.

“Hierdie is ’n verdere mylpaal wat Vryheid en omgewing in ons taak bereik het om ons gemeenskap te beveilig. Meer en meer van ons mense ontvang die nodige opleiding om hul omgewings te kan patrolleer, bemagtig met die nodige kennis,” sê Gavin Minott, voorsitter van die Vryheid-tak se veiligheidsportefeulje.
“Ons beoog om binnekort nog kursusse aan die breër gemeenskap en natuurlik ook aan ons AfriForum-lede te bied as deel van ons plan om gemeenskapsveiligheid verder uit te brei,” sê André van der Walt, voorsitter vir die AfriForum-tak in Vryheid.
“AfriForum bied ’n wye reeks voordele vir sy veiligheidstrukture, waarvan opleiding een van dié belangrikste aspekte is om sy lede se kennis te verbeter en hulle toe te rus om veiliger op te tree,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Ondersteun AfriForum en SMS “Vryheid” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings