AfriForum in Vryheid gee veiligheidsopleiding


AfriForum se Vryheid-tak het onlangs patrollie- en regsaspekte-opleiding aangebied vir die tak se patrolleerders. Hierdie opleiding vorm deel van die voordele wat AfriForum aan sy lede bied en ook om die patrolleerders te bemagtig om korrek binne die raamwerk van die wet op te tree.

“Hierdie is ʼn mylpaal vir gemeenskapsveiligheid in Vryheid en omgewing met ons lede nou opgelei in alle areas van gemeenskapsveiligheid. Hierdie is die begin van positiewe verandering vir AfriForum-lede en die groter gemeenskap,” se Gavin Minott, voorsitter van AfriForum Veiligheid in Vryheid.
“AfriForum bied ʼn wye reeks voordele vir sy veiligheidstrukture waarvan opleiding een van die belangrike aspekte is om sy lede met kennis te bemagtig om vir hulself ʼn veiliger omgewing te bewerkstellig,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum beoog om nog verdere opleiding, veral noodhulpopleiding, binnekort aan te bied. Die gemeenskap word genooi om betrokke te raak by die veiligheidsnetwerk en saam hulle gemeenskap te beveilig. SMS jou “Naam” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings