AfriForum Vryburg-tak ontevrede met Naledi se antwoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum se tak in Vryburg het laat Vrydagmiddag (27 Januarie 2017) skriftelike antwoorde van Neo Skalk, die burgemeester van die Naledi-munisipaliteit, gekry op vrae wat hulle aan dié munisipaliteit gestel het. Die vrae is tydens ’n gemeenskapsvergadering aan die burgemeester oorhandig.

“Die bestuur van AfriForum se Vryburg-tak is nie tevrede met die antwoorde wat verskaf is nie. Hoewel die vrae baie duidelik was, is die antwoorde maar uiters vaag. Ons is tans besig om ’n memorandum in reaksie op die munisipaliteit se antwoorde voor te berei,” sê Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Volgens Pretorius-Swart is dit duidelik dat nóg die burgemeester, nóg die raad antwoorde op die probleme het. Daar is ook nie geld om Eskom volhoubaar te betaal nie.

“AfriForum onderneem om volgehoue druk op die munisipaliteit toe te pas. Ons doen ook ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te bly,” sê Pretorius-Swart.

Soortgelyke plasings