|

AfriForum vier boomplantmaand in Vredendal saam met skole

AfriForum se Vredendal-tak het onlangs as deel van die burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek sy deel vir boomplantmaand gedoen deur nartjiebome aan verskeie skole en instansies in die Matzikama-distrik te skenk en te help plant.

Die tak het verlede week besoek by die volgende skole afgelê: Hoërskool Vredendal, Laerskool Vredendal, Kleinrivier Primêr, Naasdrift Primêr, Trawal Primêr, Hoërskool Lutzville, Hoërskool Nuwerus en Koekenaap Primêr.

“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee of vrugte van die boom gaan geniet nie, maar jy het die vertroue dat jou kinders en kleinkinders dit wel gaan geniet,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

“Vanjaar wil ons gemeenskapslede reg oor die land aanmoedig om – buiten die bome wat ons takke op grootmaat gaan plant – steeds bome by hul huise, skole, kerke, gemeenskapsentrums, ouetehuise en parke te plant. Ons wil takke ook aanmoedig om uit die lesse van die inperking en die COVID-19-pandemie te leer en waar moontlik vrugtebome te plant,” sluit Van Heerden af.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Vredendal” na 45265 (R1).

 

Soortgelyke plasings