AfriForum verwelkom verwerping van voorgestelde droogteheffing deur die Stad Kaapstad


Tydens ’n periode van openbare kommentaar het die burgerregte-organisasie AfriForum kommentaar ingedien teen die Stad Kaapstad se voorgestelde droogteheffing, terwyl daar ook oorweldigende druk vanaf die groter gemeenskap was. Gevolglik het die Kaapstadse stadsraad die voorgestelde droogteheffing tydens ’n spesiale vergadering op 19 Januarie 2018 verwerp.
AfriForum beroep hom op die Kaapstadse stadsraad om wys op te tree tydens die geweldige droogtetoestand in die Kaap.
Stuur ’n e-pos na deon.dejager@afrifroum.co.za om by die plaaslike AfriForum-tak betrokke te raak en maak sodoende ’n verskil.

Soortgelyke plasings