|

AfriForum verwelkom swaar vonnis van plaasmoordenaar

AfriForum verwelkom die vonnisoplegging van Jeffrey Thompson nadat hy op 15 klagtes skuldig bevind is, waaronder die moord op Piet en Elmien Steyn van Bonnievale in Desember 2018. Thompson is twee lewenslange vonnisse en ’n verdere 58 jaar en 6 maande opgelê nadat hy ’n pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan het.

“Ons verwelkom die vonnis. Thompson, wat op borgtog uit was, het die gemeenskap oor ’n lang tydperk met misdaad geteister,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.

“Daar behoort ondersoek ingestel te word oor hoe en waarom Thompson op borgtog vrygelaat is. Hierdie tragiese moorde is eintlik die vernietiging van ’n hele gemeenskap se welstand, toekomsdrome en selfs hoop,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid.

Soortgelyke plasings