AfriForum verwelkom NVG se besluit om Zuma te vervolg


Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, se aankondiging dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) Jacob Zuma, die voormalige president, gaan vervolg op aanklagte van onder meer korrupsie. Volgens AfriForum sal adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, die NVG se optrede moniteer om seker te maak dat die vervolging glad verloop.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Abrahams die besluit geneem dat Zuma vervolg moet word met die wete dat Nel namens AfriForum privaat vervolging teen Zuma sou instel indien die NVG dit nie sou doen nie. Kriel wys daarop dat AfriForum juis ’n privaat vervolgingseenheid onder leiding van Nel tot stand gebring het om druk op die NVG toe te pas om hulle werk te doen. “Ons beskou dus die NVG se besluit om Zuma te vervolg nie net as ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar ook vir die beginsel van gelykheid voor die reg,” voeg Kriel by.

Soortgelyke plasings