AfriForum verwelkom hofuitspraak oor Shaun Abrahams


Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die nuus dat Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), sy pos moet verlaat.
Dít volg nadat die Noord-Gautengse hoë hof vanoggend uitspraak gelewer het dat Abrahams se pos vakant verklaar moet word.

 “Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet volgens die Grondwet sonder vrees, guns en vooroordeel optree. Dit het duidelik geword dat Abrahams nie hierdie grondwetlike beginsels nakom nie. Suid-Afrika kon nie langer bekostig om ’n NDOV te hê wat beweerde korrupte persone soos president Jacob Zuma beskerm nie,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

Soortgelyke plasings