AfriForum verwelkom besluit om oprigting van Zuma-standbeeld te staak


Die provinsiale regering in Noordwes het bevestig dat die oprigting van die Zuma-standbeeld in Groot Marico gestaak word.

“Ons is oortuig dat die PAIA-aansoek wat AfriForum ingedien het om sekere inligting aan te vra rakende die oprigting van dié standbeeld, direk daartoe gelei het dat die projek stopgesit is,” sê Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.

Oosthuizen sê egter dat die Noordwes provinsiale regering beweer dat die kritiek en negatiewe reaksie van die gemeenskap nie die rede is waarom die oprigting van die standbeeld gestaak word nie.
AfriForum verwelkom hierdie besluit en is steeds van mening dat die R6 miljoen vir die Zuma-standbeeld op veel beter maniere aangewend kan word.

“Indien besluit word om hierdie standbeeld in die toekoms op te rig, sal ons dit wéér stopsit,” sluit Oosthuizen af.

Lede van die gemeenskap wat enige nuwe inligting oor die projek het, moet asseblief ’n e-pos na hendrik@afriforum.co.za stuur.

Soortgelyke plasings