AfriForum versoek dat Noord-Kaapse provinsiale regering by munisipaliteite ingryp

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n formele versoek aan die vir samewerkende regering en tradisionele sake en die provinsiale tesourie gerig om aksie te neem teen munisipaliteite in die Noord-Kaap wat versuim het om kardinale munisipale inligting aan die publiek te openbaar.
AfriForum het finansiële state en begrotings ingevolge die munisipale bestuurswet aangevra, asook bestuursorganogramme vir die Magareng Plaaslike Munisipaliteit, die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit, die Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit en die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit.
Verskeie munisipaliteite het egter versuim om die inligting te verskaf, ten spyte daarvan dat beloftes deur die munisipale besture gemaak is. AfriForum was genoodsaak om die provinsiale regering in kennis te stel van die munisipaliteite se versuim om hul inligting te verskaf.

“Die inligting wat versoek is, is van uiterse belang vir enige munisipaliteit om op ’n finansieel gesonde wyse te funksioneer. Die feit dat die munisipaliteit nie eers die basiese inligting beskikbaar kan stel nie, skep rede tot kommer vir die publiek,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.

Inwoners van die Noord-Kaap kan betrokke raak by hul naaste tak: SMS jou naam na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings