AfriForum veroordeel Totalsports se verwydering van Etzebeth-staanplakkate

Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel Totalsports se besluit om staanplakkate van die Springbokslot Eben Etzebeth uit sy winkels te verwyder en beskuldig dié winkelgroep daarvan dat dit sigself onnodig by rassepolitiek laat insleep.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê Totalsports dui met dié besluit aan dat die winkelgroep bereid is om deur ’n rasgedrewe politieke narratief meegesleur te word.

“Hoewel Etzebeth daarvan beskuldig word dat hy rassistiese opmerkings teenoor ’n bruin persoon gemaak het, word dié beskuldigings ook deur Etzebeth ontken. Die saak is nog nie aangehoor nie en geen uitspraak is nog oor die feite gelewer nie. Ten spyte daarvan kies die winkelgroep kant téén Etzebeth en word rassespanning onnodig hierdeur aangehits.

“Selfs al sê Totalsports dat dit nie kant in hierdie saak wil kies nie, is die effek van hul optrede dat hul reeds Etzebeth tot ’n omstrede figuur verklaar het,” sluit Roets af.

Soortgelyke plasings