AfriForum veroordeel Malema se rassistiese aanhitsing teen minderhede

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die aanhitsing van geweld teen minderhede deur Julius Malema, EFF-leier, vandag veroordeel en ’n beroep op politieke leiers gedoen om hulle vir die beskerming van burgerlike vryhede te beywer sonder om hulle tot aanhitsing te wend.

Dít volg nadat Malema vandag met verwysing na die xenofobiese geweldskrisis ander swart mense op Twitter aangemoedig het om hul woede op wit mense te draai. Malema het getwiet: “Our anger is directed at wrong people. Like all of us, our African brothers & sisters are selling their cheap labour for survival. The owners of our wealth is [sic] white monopoly capital; they are refusing to share it with us & the ruling party #ANC protects them. #OneAfricaIsPossible.”

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê dat alle vorme van geweld moet stop en dat dit nie bloot op ander gemeenskappe gerig moet word nie. “Hierdie is niks anders as ’n rassistiese aanval op ’n kwesbare minderheidsgemeenskap nie.”

AfriForum sal voortgaan met internasionale bewusmaking oor die onderdrukking van minderhede se regte in Suid-Afrika.

Soortgelyke plasings