|

AfriForum verleen hulp aan passasiers van brandende vliegtuig

Die AfriForum-tak in Bethlehem het Woensdagoggend hulp verleen aan twee passasiers van ’n ligte vliegtuig nadat dit met ’n harde slag op ’n oop stuk veld naby Bethlehem neergestort en aan die brand geslaan het.

Die passasiers, Andrew Goodenham (24) en John Jacobs (53), kon daarin slaag om die uit die vliegtuig te rol. Beide het sowat 80% se brandwonde hul lywe opgedoen en Jacobs het ’n ernstige beenfraktuur.

Die vliegtuig se enjin het glo gestol kort nadat dit opgestyg het.

Isolde Laesecke, AfriForum se takvoorsitter in Bethlehem, het aan Forum Nuus gesê dat sy deur ’n plaaslike AfriForum-lid gekontak is wat die rookwalms van die vliegtuig opgemerk het.

Laesecke het dadelik die nood- en brandweerdienste na die toneel ontbied.

Volgens Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder by AfriForum, is beide passasiers op die toneel deur paramedici behandel en na ’n naby geleë hospitaal gebring waar hulle in ’n geïnduseerde koma geplaas is.

Dit is nog nie duidelik wat die doel van die vlug was nie.

Soortgelyke plasings