| | |

AfriForum verleen hulp aan kleuterskool

AfriForum het op 6 Julie 2020 hulp verleen aan Wonderland Kleuterskool in Kriel nadat dié skool die organisasie genader het en ’n skolehulppakket versoek het. Dié pakket bevat handreiniger, ’n termometer en ’n handreinigerstaander.

Skole is onder geweldige druk weens die inperking en hulle is nie almal finansieel in staat om onmiddellik die nodige beskermende toerusting aan te skaf nie. Daarom het AfriForum reeds meer as 60 skole in Mpumalanga met hierdie hulppakkette ondersteun.

“Ons is dankbaar om gemeenskappe in hierdie uitdagende tye te kan ondersteun. COVID-19 het verskeie uitdagings vir skole tot gevolg gehad en ons is genoodsaak om hulle te help,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die verskil: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings