--> -->
Spyskaart +

AfriForum verklaar dispuut met MTN

Maart 19, 2019 deur Admin

MTN het sy borgskap aan ’n Afrikaanse musiekfees onttrek omdat hulle bekommerd is dat hulle moontlik as rassisties bestempel kan word. Terselfdertyd skroom MTN nie om die ANC en die EFF se politieke byeenkomste te borg nie. Die ANC beoog om mense se privaat eiendom sonder vergoeding te onteien en die EFF hits misdaad teen mense aan op grond van hul ras. Beide partye maak hulle ook aan haatspraak teen minderhede skuldig.

Met hierdie stap gee MTN as ’t ware toe dat hulle die ANC en die EFF se rassisme goedkeur. Versterk AfriForum se veldtog teen MTN se dubbele standaarde deur jou naam by die dispuut te voeg.

Verklaar jou dispuut met MTN deur hierdie vorm in te vul en direk aan MTN te stuur.

Hiermee verklaar ek saam met AfriForum my dispuut met MTN oor hul onttrekking van die borgskap van die Afrikaanse musiekfees.

*Jou kontakbesonderhede sal vertroulik hanteer word.

Mediaverklaring