|

AfriForum verf padtekens by Hoërskool Waterkloof

AfriForum het op 8 en 9 November 2019 ’n selfdoenaksie by die Hoërskool Waterkloof in Pretoria gehou waartydens die organisasie gehelp het om die skool se parkeerterrein en padtekens nuut oor te verf ten einde padveiligheid op te skerp. Dié aksie vorm deel van die organisasie se groter projek om skole by te staan en veiligheid by die skoolterrein te bevorder.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, is dié projek ’n goeie inisiatief om skole by te staan met die probleme wat hulle ervaar, asook om terselfdertyd opknappingswerk te doen. “AfriForum wil graag skole bystaan met probleme en help waar ons kan. Ons jeug is vir ons baie belangrik en dit is ons plig as burgerregteorganisasie om skole by te staan.”

Grobbelaar moedig ook gemeenskappe aan om deel te word van die projek en ander skole te nomineer waar AfriForum van hulp kan wees. “Ons wil graag die projek na ander skole uitbrei en ook daar aktief betrokke raak hetsy om slaggate op te vul, padtekens te verf of om herstelwerk te doen.”

Ouers en lede van die gemeenskap kan die skool van hul keuse nomineer deur die volgende skakel te volg: https://afriforum.co.za/nomineerjouskool/.

Soortgelyke plasings