AfriForum-veiligheidstrukture in Phalaborwa help vier verdagtes aankeer


AfriForum se Phalaborwa-buurtwag en die SAPD het oor die afgelope naweek vier arrestasies tydens twee afsonderlike insidente in die Phalaborwa-omgewing  uitgevoer.

Op Vrydagmiddag 14 Junie 2019 het AfriForum se Phalaborwa-buurtwag ’n noodoproep van  ‘n lid van die gemeenskap ontvang oor diefstal wat in die omgewing plaasvind. AfriForum se veiligheidstrukture is dadelik ontbied en die verdagtes is op heterdaad betrap, besig om ’n staalhek op ’n bakkie te laai. Die SAPD is ook ontbied, waarna albei verdagtes gearresteer en vir verdere ondervraging na die Phalaborwa-polisiekantoor geneem is.
Op Maandagmiddag 17 Junie 2019 is nóg twee verdagtes deur die Phalaborwa-buurtwag aangekeer ná lede van die gemeenskap hul van ’n huisbraak by ’n onbewoonde eiendom ingelig het. AfriForum se veiligheidstrukture is onmiddellik geaktiveer en twee verdagtes is met ’n gesteelde geiser in hul besit aangekeer. Die SAPD is na die toneel ontbied en die verdagtes is gearresteer. Die eienaar van die huis is ook oor die diefstal in kennis gestel.

“Hierdie is ’n uitstekende voorbeeld van hoe die gemeenskap en die SAPD hande vat om misdaad in die gebied gesamentlik te bekamp. Deur goeie spanwerk kan ons daarin slaag om ons gemeenskap te beveilig,” sê Cobus Louw, voorsitter van AfriForum se Phalaborwa-buurtwag.

Word vandag nog deel van AfriForum se veiligheidstrukture: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings