Spyskaart +

AfriForum-veiligheidsberaad

veiligheidsberaad-icon-afr
April 5, 2017 deur Admin

 

AfriForum hou in samewerking met die Solidariteit Beweging ’n veiligheidsberaad met die tema: Kom ons maak ons strate veilig!

AfriForum nooi alle lede van die Solidariteit Beweging en die publiek na die veiligheidsberaad uit wat op Saterdag 6 Mei van 9:00 tot 14:30 by die Heartfelt Arena in Pretoria gehou sal word.

“Gemeenskappe landwyd moet saamwerk om vryheid, voorspoed en veiligheid te help verseker.”

Doel van die beraad:

Om AfriForum se veiligheidstrategie genaamd Projek Nehemia, wat nasionaal geïmplementeer gaan word, bekend te stel.

Projek Nehemia fokus spesifiek op die aanslag wat gemeenskappe binne die wetlike raamwerk teen geweldenaars moet voer. Die strategie is inklusief en het ten doel om alle gemeenskappe met inligtingsbestuur en misdaadvoorkoming deur middel van ’n nasionale netwerk te help.

Fokuspunte tydens die beraad:

  • Om ’n nasionale operasionele vermoë binne die wetlike raamwerk te vestig.
  • Om verder ’n nasionale veiligheidsstelsel in samewerking met alle rolspelers te vestig.
  • Om nasionale bewustheid te vestig dat gemeenskappe saamstaan in die geveg teen misdaad.
  • Om nasionale en internasionale steun te verwerf.

Kundiges vanuit die Solidariteit Beweging en die publiek gaan die volgende punte tydens die beraad bespreek:

  • Internasionale voorbeelde van gemeenskapsamewerking teen misdaad
  • Sinergie tussen gemeenskappe en staatsinstansies
  • Bestuur van gemeenskapstrukture
  • Rol van die burgerlikesamelewing teen misdaad
  • Zimbabwe – wat gebeur as ons nie opstaan nie
  • Projek Nehemia Strategie

Klik hier om jou plek te reserveer