AfriForum vat munisipale bestuurder vas


Die AfriForum-tak in Utrecht het onlangs 11 klagtes van korrupsie teen Gugu Ntshangase, voormalige munisipale bestuurder van die Emadlangeni Plaaslike Munisipaliteit, by die Valke ingedien. Ntshangase is nietemin pas aangestel as munisipale bestuurder van die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit.

“Dit is kommerwekkend dat, hoewel Ntshangase hierdie klagtes teen haar het, sy steeds as munisipale bestuurder aangestel word. AfriForum se Standerton-tak is in die proses om navrae by die munisipale raad en burgemeester te doen oor hierdie saak en sal die nodige druk toepas om te verseker dat die ondersoek teen haar die nodige aandag kry,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Ons moedig munisipale amptenare aan om na vore te kom indien hulle van korrupte aktiwiteite bewus is sodat die skuldige partye aan die pen kan ry. Dit is almal se verantwoordelikheid om korrupsie hok te slaan,” sluit Coetzer af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings