--> -->
Spyskaart +

AfriForum Vaalharts-tak reik uit na die Huis Theresa

September 8, 2016 deur Mariska Batt

Die AfriForum-tak in Vaalharts het in samewerking met plaaslike ondermenings ʼn ontspanningsoggend vir die inwoners van Huis Theresa, die plaaslike ouetehuis in Hartswater, gehou. Inwoners is onder meer met eetgoed en geskenkpakkies bederf.

“Dit is vir ons as tak belangrik om inwoners van ons gemeenskap op te bou. Inwoners moet weet dat hulle gemeenskap ook ʼn ondersteuningsnetwerk is,” sê Marike Heyns, gemeenskapskakelingvoorsitter van die Vaalharts-tak.