|

AfriForum: Tshwane-metro belowe om regstelling te maak aan koopkragverbruikers

Die Tshwane-metro het op 29 Oktober 2019 tydens ’n bestuursvergadering aan AfriForum belowe dat hulle koopkragverbruikers wat vroeër vanjaar die verkeerde tarief betaal het in November sal vergoed.

Dié aankondiging is gemaak nadat die Tshwane-metro ’n verhoogde tarief (wat nie deur Nersa goedgekeur is nie) van Julie tot middel-Augustus geïmplementeer het. Nadat AfriForum toegetree het, is die tarief weer na die Nersa-goedgekeurde tarief verander. Verbruikers wat dié verhoogde kragtarief betaal het, sal nou kredieteenhede ontvang.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, verwelkom AfriForum dié aankondiging en het die vergadering in goeie gees plaasgevind. “Ons is gelukkig dat die regstelling gemaak gaan word en dat ons ’n datum daaraan kan koppel. Dit is ook vir ons positief dat die Metro probleme op hierdie manier uit die weg wil ruim eerder as om deur hofaksies gedwing moet word.”

Inwoners wat koopkragmeters het en die verhoogde tarief betaal het, kan dié skakel volg om hul besonderhede aan AfriForum te gee sodat die burgerregteorganisasie met die metro kan opvolg indien die betalings nie gemaak word nie: https://afriforum.co.za/tshwane-elektrisiteit-tariefverhogings/.

Soortgelyke plasings