|

AfriForum toets riooluitvloei in Kaapse See

Die voortslepende rioolkrisis in die Kaapse See het die burgerregte-organisasie AfriForum genoop om die gehalte van die riooluitvloei in die see te gaan toets.

Die burgerregte-organisasie het reeds in 2015 druk begin uitoefen en die gemeenskap gemobiliseer om betrokke te raak om die metrorade te dwing om die rioolprobleem op te los. In daardie stadium is 40 miljoen liter riool daagliks in die see gestort.

Dit wil voorkom of die situasie ietwat verbeter het, maar volgens Chris Boshoff, omgewingsake koördineerder by AfriForum, is dit steeds ’n reuse bedreiging vir mens en dier. “AfriForum se groendruppelverslag vir 2017 dui daarop 67 % van 88 dorpe en stede se rioolwaterstelsels nie aan gestelde gehaltestandaarde voldoen nie. Dit beteken ons stuur op ’n ramp af.”

Hy sê voorts dat dit onaanvaarbaar is dat die regering nie die politieke wil toon om hierdie probleem aan te pak nie. “AfriForum gaan aanmanings aan die metroraad stuur, die gemeenskap mobiliseer om aksie te neem en uiteindelik sal ons ook regstappe oorweeg.”

Soortgelyke plasings